Eskom sal nie sy eie transmissie-netwerk kan uitbrei sonder dat die privaat sektor daartoe kan toetree nie. Netwerk 24 berig dit is eerder die privaatsektor wat die leiding sal moet neem as die land dit vinnig wil laat gebeur.

Connie Mulder, hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut, se kommentaar volg op die mediakonferensie van die minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramakgopa, wat gister gesê het die private sektor beplan om 66 000 MW se nuwe kragaanlegte te bou. Dit kan egter eers gedoen word wanneer Eskom sy transmissie-netwerk teen 400-miljard-rand uitbrei.

Ramokgopa sê die netwerk moet binne tien jaar met 14-duisend kilometer nuwe hoespanningsdrade uitgebrei word om nuwe kragaanlegte aan die kragnetwerk te koppel. Ramkgopa sê Eskom benodig sowat 400-miljard-rand om die beperkings van die transmissienetwerk uit die weg te ruim. Ramokgopa sê die uitdaging is nie om finansierders te kry nie, maar om eerder die ooreenkoms behoorlik te struktureer sodat dit tot voordeel van almal is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×