Eskom lê beslag op ’n Vrystaatse munisipaliteit se bankrekening

 Eskom lê beslag op ’n Vrystaatse munisipaliteit se bankrekening

Eskom het beslag gelê op ’n bankrekening wat aan die Matjhabeng-munisipaliteit in die Vrystaat behoort nadat die entiteit herhaaldelik versuim het om die kragverskaffer te betaal.

Die munisipaliteit skuld Eskom R3,4-miljard vir die voorsiening van grootmaat-elektrisiteit.

Eskom was sedert 2014 by talle hofsake betrokke toe dié munisipaliteit se uitstaande skuld R372-miljoen beloop het.

Teen die einde van Julie vanjaar het die nasionale munisipale skuld aan Eskom op meer as R30-miljard gestaan.

LeandreAdmin@