Eskom lê beslag op Vrystaatse plase

 Eskom lê beslag op Vrystaatse plase

Eskom het beslag gelê op 139 Vrystaatse plase ter waarde van sowat R2,5-miljard wat aan die Matjhabeng-munisipaliteit behoort.

Die beslaglegging dien as sekuriteit vir die munisipaliteit, wat Welkom insluit, se skuld van R3,4-miljard.

Eskom het ingestem om sy beslaglegging op die gebied se bankrekening op te hef, maar R2,7-miljoen bly onbeskikbaar.

Die Emfulani plaaslike munisipaliteit kon vroeër vanjaar, nadat daar beslag gelê is op voertuie en meubels, nie daarin slaag om verdere beslagleggings deur Eskom te keer nie.

LeandreAdmin@