Solidariteit het gister na vier rondtes van strawwe onderhandeling ‘n drie-jaar loonooreenkoms met Eskom bereik. Die ooreenkoms is in samewerking met die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die National Union of Mineworkers, of NUM, gesluit. Maroela media berig daar is onder meer ooreengekom op ‘n inflasie-verwante verhoging  van 7%. Dit is die eerste keer sedert 2010 dat ‘n loonooreenkoms sonder ontwrigting bereik kon word. Die 27 300 werkers van Eskom sal ‘n 7%-salarisverhoging per jaar vir die volgende drie jaar ontvang. Die behuisingstoelaag sal ook met 7% per jaar vir die volgende drie jaar verhoog. Die werkers sal ook ‘n belasbare kontantbedrag van R10 000 per jaar oor die volgende twee jaar ontvang.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×