Die kragvoorsiener Eskom sê hulle doen tans hoë vlakke van beplande instandhouding om die kragstelsel gereed te kry vir die winter.

Volgens die mediaverklaring op hul webwerf is hul doel om die stelsel meer betroubaar te maak wanneer die vraag na krag toeneem.

Die instandhouding help ook om aan omgewings- en regulatoriese vereistes te voldoen.

Beurtkrag bly opgeskort, en die kragstelsel is tans stabiel.

Eskom gebruik hul noodreserwes strategies tydens spitstye.

Volgens Eskom is daar ook minder onderbrekings as verlede jaar dieselfde tyd.

Dieselverbruik het afgeneem, en nog kapasiteit sal vroeg volgende week bygevoeg word om die netwerk verder te versterk.

Eskom sê hulle sal later in April hul vooruitsigte vir die winter bekend maak.

error: Inhoud is beskerm !!