‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat sekuriteitskontroles in Eskom se aanlyn-verkoopstelsel oortree is. Dit toon ook dat die stelsel gebruik is om onwettige elektrisiteitsbewyse in grootmaat te verkoop.
Volgens MyBroadband vermoed die kragvoorsiener dat van sy eie personeel by die misdaad betrokke kan wees. Eskom het ‘n eksterne IT-maatskappy aangestel om ‘n forensiese ondersoek na die oortreding te doen, asook om aanbevelings oor die regstelling van die stelsel se kwesbaarhede te maak.
Volgens die kragvoorsiener het sowat 14 terawatt-uur se elektrisiteit die jaar weens elektrisiteitdiefstal, insluitend ontwettige elektrisiteitsbewyse, verlore gegaan. Die verlies aan komste word op sowat R23 miljard bereken.