Die vakbond Solidariteit het by monde van Doktor Dirk Hermann,
bestuurshoof van die vakbond op ‘n Facebook plasing gesê dat Eskom
beplan om teen 2025, vyfhonderd wit mans af te lê. Netwerk24 berig Eskom
het gister in ‘n verklaring gesê dat hy kennis neem van Solidariteit se
bewering, en dat die kragverskaffer die publiek gerus wil stel dat daar nie
planne is om van enige personeel ontslae te raak as deel van hulle
diensbillikheidplan nie, ongeag van hulle ras of geslag. Volgens Eskom word
afleggings in Suid Afrika gereguleer deur die Wet op Arbeidsverhoudinge en
dat diskriminasie gebaseer op ras of geslag nie kwalifiseer as ‘n maatstaf vir
afleggings nie.
