Die kragvoorsiener Eskom ontken ten sterkste sosiale mediaberigte wat sirkuleer en wat vergoeding voorstel vir die aanmelding van onwettige elektrisiteitsaktiwiteite.
Eskom bestempel dit as ‘vals nuus’. IOL berig die plasing lui: “Eskom sal jou R5 000 betaal as jy ’n huis rapporteer wat elektrisiteit oorbrug het. Jy kan ook jou ouers aanmeld en daardie geld kry.”
Eskom verduidelik dat hy geen vergoeding bied vir die aanmelding van elektrisiteitsoortredings nie. Dit dring wel aan op waaksaamheid onder inwoners om onwettige aktiwiteite aan te meld – sonder verwagtinge van belonings.
Inwoners word aangemoedig om Eskom of die polisie dadelik in kennis te stel indien hulle sien hoe iemand met die elektriese infrastruktuur peuter.