Eskom se plan om geen beurtkrag Vrydag deur die dag in te stel nie, het verander. Daar sal Vrydag deur die dag fase een beurtkrag wees. Die nutsmaatskappy het aangekondig dat fase 3-beurtkrag daarna van vier-uur tot middernag geïmplementeer sal word. Beurtkrag sal ook van middernag tot môreoggend vyfuur opgeskort word. Hierdie patroon sal Vrydag en Saterdag herhaal word. Beurtkrag sal van Saterdag om middernag tot Sondagmiddag vieruur opgeskort word. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê Fase 3-beurtkrag sal dan daarna tot middernag volg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×