Nie een van die Eskom-raadslede het die besonderhede van die voormalige uitvoerende hoof van die kragvoorsiener, André de Ruyter, se intelligensieverslag geken nie. Lede van die direksie is by Megawatt Park om verantwoording te doen voor die Staande Komitee van Openbare Rekeninge, of te wel Skoor. Skoor sal later na die Tutuka-kragstasie reis. Hul weeklange besoek aan verskeie kragstasies kom te midde van bewerings van korrupsie en sabotasie by die stasies. Eskom se regshoof, Mel Govender, sê die direksie het die intelligensieverslag van George Fivaz Forensic and Risk sowel as De Ruyter aangevra, maar daardie versoek is nog hangende.
