Eskom sal Dinsdag van vyf-uur tot tien-uur fase 3-beurtkrag toepas. Die res van die week sal fase 2-beurtkrag gedurende dié tye geld. Maandagaand is Eskom genoop om fase 4-beurtkrag in te stel nadat ‘n opwekkingseenheid by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga uitgeskakel is. Eskom moes ook die krag Dinsdagoggend gedurende spitstyd in sekere woonbuurte in die Vrystaat en etlike ander provinsies afsny om oorlading te voorkom. Dit is in gebiede waar daar glo baie onwettige konneksies is wat die stelsel kan oorlaai en ontploffings by substasies kan veroorsaak, wat baie tyd en geld neem om te herstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×