Eskom sal Fase 2-beurtkrag in die Mangaung Metro implimenteer

Eskom sal Fase 2-beurtkrag in die Mangaung Metro van tien-uur vanaand tot vyfuur more oggend implimenteer. Luidens berigte sal die beurtkrag vir twee nagte duur.
Beurtkrag vanaand in Groep 5 toegepas word van tien-uur tot middernag, Groep 1 van middernag tot twee-uur more oggend, Groep 2 van twee-uur tot vier-uur en Groep 3 more oggend van vier-uur tot vyf-uur. Donderdag kom Groep 6 van tien-uur tot middernag aan die beurt, met Groep 2 van middernag tot twee-uur en Groep 3 van twee-uur tot vier-uur die oggend.
Groep 4 sal vanaf vier-uur tot vyf-uur Vrydagoggend beurtkrag ondervind.
Volgens Eskom is die beurtkrag nodig om die noodkrag wat gebruik is, weer op te bou.

Luister na potgooie hieronder