Eskom sal na verwagting vandag sy 2020-jaarverslag aan die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge voorlê

Eskom sal na verwagting vandag sy 2020-jaarverslag aan die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge voorlê asook ‘n verslag van ‘n ondersoek van die Spesiale Ondersoekeenheid.

Volgens die kragvoorsiener bied dié vergadering aan Skoor die geleentheid om die organisasie onder die loep te neem.

Netwerk24 berig egter daar is min vertroue oor in Eskom.

Volgens DA-LP en woordvoerder van openbare ondernemings, Ghaleb Cachalia, sal Eskom beslis nie in die afsienbare
toekoms op sy eie bene kan staan soos André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, hoop nie.

Volgens hom kort Eskom baie geld en is die bykens R60-miljard per jaar wat die regering vir die volgende 3 jaar gaan betaal nie die einde nie.

Hy sê, behalwe omgewingsake, nuwe kapasiteit en die uitbreiding van die kragnetwerk, kort Eskom R10-miljard net om in die volgende paar jaar sekere van sy verouderde steenkoolkragstasies af te skakel.

Eskom sal ook vanmiddag sy 2021-finansiële resultate bekend maak.

Luister na potgooie hieronder