Eskom se bestuur en vakbonde sal na verwagting vandag salarisonderhandelinge hervat

Eskom se bestuur en vakbonde sal na verwagting vandag salarisonderhandelinge hervat.

Die vakbonde het vroeër ‘n aanbod van ‘n verhoging van een en ‘n half persent verwerp.

Die aanbod is ter tafel gelê op voorwaarde dat vakbonde instem tot wysigings aan hulle verlof en ander byvoordele.

Volgens, Sikhonathi Mantshantsha, ‘n woordvoerder van Eskom, kan die kragverskaffer nie ‘n hoër aanbod maak nie,
weens sy finansiële probleme en omkeerstrategie, terwyl vakbonde ‘n verhoging van tussen 9% en 15% eis.

Intussen het Eskom aangekondig dat hulle beurtkrag vir die dag opskort tot vyfuur vanmiddag.

Volgens Eskom is sewe opwekkingseenhede, wat onklaar geraak het, weer aan die kragnetwerk gekoppel.

Beurtkrag sal egter weer van vyfuur vanmiddag tot tienuur vanaand ingestel word.

Luister na potgooie hieronder