‘n Senior bestuurder by Eskom, Keith Bowen sê bykomende opwekkingskapasiteit sal hopelik gou ‘n werklikheid wees nadat Eskom ‘n ooreenkoms onderteken het ten opsigte van een van drie elektrisiteits-aankoop-programme, wat na verwagting binnekort bykomende elektrisiteit sal oplewer. Die kragaankoopprogramme is in September verlede jaar van stapel gestuur wat sowat n bykomende duisend megawatt sal beteken. Bowen sê Eskom hoop ook op meer belangstelling in die kragaankoopprogramme, sodat hoër fases beurtkrag eerder vroeër as later, verminder kan word.
