Eskom het Maandag in ‘n verklaring gesê die kragstelsel is erg beperk en beurtkrag kan op kort kennisgewing geïmplementeer word.

Volgens Eskom duur die druk op die stelsel voort weens die voortdurende tekort aan opwekkingskapasiteit.

Find-It berig die kragstelsel is die kwesbaarste gedurende Maandagaand.

Volgens die kragvoorsiener sal daar na verwagting ‘n aantal opwekkingseenhede gedurende die dag weer in diens wees.

Eskom waarsku egter die waarskynlikheid van beurtkrag is groot en kan op kort kennisgewing, heel waarskynlik gedurende die aandspitstyd tussen 17:00 en 22:00, vereis word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×