Terwyl Eskom gemiddeld R2,9 miljard per maand aan diesel vir sy oopsiklus- gasturbines bestee, het hy nou slegs R4 miljard oor, vir die laaste drie maande van sy huidige geldjaar.
Bheki Nxumalo, Eskom-hoof van opwekking, het vroeër vandag by ‘n mediakonferensie van die Nasionale Energiekrisis-komitee, aan Netwerk24 gesê sy rekord-dieselbegroting is amper uitgeput.
Dit beteken die kragverskaffer het die afgelope nege maande R26 miljard op sy diesel-aangedrewe- en noodkragaanlegte bestee.
Intussen het Eskom ‘n kort rukkie gelede laat weet dat beurtkrag tot veredere kennisgewing terug is.
Luidens ‘n onverwagse Eskom-verklaring sal fase twee reeds vanaf vieruur vanmimiddag in plek wees.
Hy sê sy jongste syfers dui op ‘n reuese opwekkingstekorte .
Die nutsdiens wou vandag twee eenhede by sekere van sy steenkoolkragstasies in bedryf stel, maar ‘n vertraging maak dit onmoontlik.
Drie ander opwekkingseenhede het intussen ook buite werking geraak.