Vat jou goed en trek – Dít is kortom wat Eskom gistraand vir sy uitvoerende hoof, André de Ruyter gesê het.
De Ruyter, wat einde verlede jaar bedank het, het gesê hy sou tot einde Maart vanjaar by Eskom aanbly, ten einde die kragvoorsiener genoeg tyd te gun om ‘n plaasvervanger te vind.
Die Eskom-raad het egter gistraand besluit dit is tyd vir de Ruyter om onmiddelik sy tasse te pak.
Dit volg nadat hy glo in ‘n televisie-onderhoud gesê het ‘n hoë in politieke kringe is by Eskom-korrupsie betrokke en dat die minister skynbaar hiervan bewus is.
Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan het de Ruyter gister oor sy uitlatings oor die kole gehaal en het gesê De Ruyter moenie by politiek betrokke
raak nie.
Eskom het nie aangedui wie in De Ruyter se plek sal waarneem nie en daar is ook nog geen nuus oor wie die leisels permanent sal oorneem nie.