‘n Bietjie meer krag vir jou dag: Dag-krag – dit wil sê van vyfuur soggens, tot smiddae om vier – is op 1 Mei op fase een en en op 2 Mei op fase twee.

Eskom-kliënte wag elke naweek op hete kole om te hoor watter reëlings hulle vir die week moet tref, in ‘n poging om beurtkrag te probeer troef.

Dit is veral mediesesorg-instansies en sakeondernemings wat moet bontstaan om planne te maak – dikwels létterlik ter wille van oorlewing.

Die eertydse kragreus het gister, luidens sy gebruklike Sondag-verklaring, laat weet dat onklaarrakings, asook – dit wat hy beplande instandhoudingswerk noem – sy opwekkingskapasiteit bly bedreig.

Eskom-personeel werk skynbaar dat die biesies beef, om opwekkingseenhede, wat weens talle redes van die kragnetwerk uitgeskakel is, weer te laat herleef.

Diegene wie krag spaarsamig gebruik is in gister se verklaring hartlik hiervoor bedank.

error: Inhoud is beskerm !!