Die nasionale energiekrisiskomitee en Eskom waarsku dat die laer fases van beurtkrag wat Suid-Afrikaners hierdie week gesien het, waarskynlik net tydelik is. Die minister van Elektrisiteit, doktor Kgosientsho Ramokgopa, het gesê daar is wel goeie nuus. Hy sê dat Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor op 2 Junie die eerste keer in amper 10 maande weer 60 persent bereik het. Hy skryf dié mylpaal toe aan die hoogs bekwame direksie onder leiding van die voorsitter Mpho Makwana.
