Eskom sê Fase-1 beurtkrag sal vandag voortgesit word as gevolg van ‘n tekort aan opwekkingsvermoë

 Eskom sê Fase-1 beurtkrag sal vandag voortgesit word as gevolg van ‘n tekort aan opwekkingsvermoë

Eskom sê beurtkrag sal vandag voortgesit word as gevolg van ‘n tekort aan opwekkingsvermoë, maar dat Fase 1 gevolg sal word.

Die kragvoorsiener sê hoewel die vooruitsigte vir die week daarop dui dat beurtkrag heel moontlik daagliks ingestel kan word, is die aanvulling van die noodvoorraad tot voldoende vlakke noodsaaklik om reuse-kragonderbrekings te voorkom.

Hy sê ook dat noodsaaklike instandhouding op die eenhede wat aan diens onttrek is, voortduur.