Eskom sê kragonderbrekings is ‘n moontlikheid weens gure weer wat ervaar word

Eskom het in ‘n verklaring gesê die kragnetwerk is onder druk weens die gure weer in die Wes- en Oos-Kaap.

Dit volg nadat ‘n kouefront Kaapstad getref het en gepaard gaan met sterk wind en swaar reën.

Volgens die kragverskaffer kan dié weerstoestande lei tot kragonderbrekings.

In sy verklaring is daar geen verwysing na beurtkrag nie, maar die hoër aanvraag na elektrisiteit weens die koue weer wat
verwag word kan daartoe lei dat die noodopwekkingseenhede uitgeput word.

Eskom sê die weer beïnvloed ook tegnici se vermoë om spoedige herstelwerk te doen.

Luidens berigte sal groter kragonderbrekings en gebiede wat langer tye sonder krag is, geprioritiseer word. Suid-Afrika het die laaste keer beurtkrag ervaar op 13 Junie.

Luister na potgooie hieronder