Mededinging vir die voorsiening van elektrisiteit, kan binnekort werklikheid in SA wees.

Die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering, wat pas deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, kan Eskom se monopolie op die produksie van elektrisiteit tot
‘n einde bring. ‘n Mededingende elektrisiteitsvoorsieningsmark kan deurslaggewend wees om die land se voortslepende energiekrisis die hoof te bied.

Die wetsontwerp maak ook voorsiening vir swaar vonnisse vir elektrisiteitverwante misdaad. Zet Luzipho, van die portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne en energie, sê dit is noodsaaklik dat daar uiters streng teen oortreders opgetree word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×