Die DA het nou sy stem gevoeg tot die van talle politieke partye en drukgroepe oor die bekendmaking van moontlike verdagtes, wat na bewering by Eskom-korrupsie betrokke is.

Met ‘n ernstige beroep dring hierdie entiteite daarop aan dat Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, die name bekend maak van die hooggeplaaste ANC-politici wat glo by grootskaalse korrupsie binne die kragverskaffer betrokke was en/of steeds is.

Die DA meen sou De Ruyter dit nie in ‘n japtrap doen nie, kan die moontlik-korruptes geregtigheid vryspring deur die land te verlaat.

Eskom se nasionale woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het intussen te kenne gegee dat hy vandag sy lessenaar se laaie by die nutsmaatskappy leeg gaan maak.

Vandag is sy laaste dag by Eskom.

Mantshantsha was die afgelope drie jaar die persoon wat die onbenydenswaardige taak gehad het om beurkrag aankondigings en ander Eskom-nuus met gefrustreerde Suid-Afrikaners te deel.

Hy is destyds vir ʼn driejaarkontrak-termyn aangestel.

Met sy kontrak wat vandag verstryk, het Mantshantsh besluit om Eskom vaarwel toe te roep.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×