Eskom het ‘n nuwe uitvoerende hoof, en kenners is dit eens dat Dan Marokane sterk sal moet staan teen korrupsie, politieke inmenging en kaderontplooiing.
Die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskaping het bevind Marokane se 2015-ontslag by Eskom, was glo die gevolg van druk deur die Guptas.
Netwerk24 meld hy is deur baie as voorkeurkandidaat as Eskom-hoof bestempel. Die vakbond Solidariteit, wat ongeveer 6 000 van Eskom se werkermag verteenwoordig, sê dit is van uiterse belang dat Marokane inmenging van buite keer, ten einde die ineenstorting van die kragvoorsiener te rem.
Hy sal na verwagting teen einde Maart die leisels by Eskom opneem.