Dit lyk asof Eskom se nuwe uitvoerende hoof waarskynlik Dan Marakoane gaan wees. Bloomberg het Donderdagaand berig Marakoane wat voorheen by Eskom was en tans die waarnemende uitvoerende hoof van Tongaat-Hulett is, die warm stoel van André de Ruyter gaan oorneem. ‘n Woordvoerder het in reaksie op die berig gesê die proses vir die aanstel van die uitvoerende groephoof is by die aandeelhouer, en wanneer die besluit geneem gaan word, sal ‘n aankondiging gemaak word. Marakonae het ‘n B-graad in chemiese ingenieurswese, ‘n M-graad in petrochemiese ingeieurswese en ‘n MBA. ANC-politici en die vakbond Numsa het De Ruyter destyds gekritiseer omdat hy nie ‘n ingenieurskwalifikasie het nie.