Eskom se plan om die land vir die res van die week op fase drie en vier beurtkrag te hou, is Maandagmiddag geblus weens verskeie opwekkingseenhede wat onklaar geraak het.
Die land is sedert vieruur gistermiddag na fase ses-beurkrag aangedraai, in plaas van fase vier, soos beplan is.
Fase drie behoort vandag tot vieruur te geld.
Minstens sewe Eskom-opwekkingseenhede het die afgelope 36 uur gebreek.