Nadat die kragverskaffer ‘n amperse beurtkrag vrye naweek in die vooruitsig gestel het, is beurtkrag vroeg vanoggend op fase 2 in werking gestel.

Eskom sê sekere eenhede wat deur die nag onklaar geraak het, is die oorsaak vir sy skielike besluit. Beurtkrag sal tot minstens môre op fase 2 bly.

Na verwagting sal Eskom môremiddag, oudergewoonte, sy beurtkragplanne vir die komende week met sy klante deel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×