Suid-Afrikaners kan van volgende maand af nog meer druk verwag, aangesien Eskom sy jaarlikse elektrisiteitstariewe gaan verhoog.

BusinessTech berig die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, of Nersa, het verlede jaar ‘n prysverhoging van 12-komma-sewe-vier persent vir die 2024/25-boekjaar goedgekeur. Die verhoging tree op 1 April in werking. Die styging van 18-komma-ses-vyf persent in 2023 gekombineer met die komende styging sal ‘n sprong van 33-komma-agt in elektrisiteitspryse oor twee jaar meebring. Eskom sê die stygings is ‘n poging om pryse te skep wat die koste akkuraat reflekteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×