Eskom se hoof van sekuriteit, Karen Pillay, is voorlopig geskors.
eNCA berig dié stap is geneem weens bewerings van ongerymdhede met die toekenning van ‘n tender van R500-miljoen aan Fidelity Security Services.
Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, het gesê Pillay is voorlopig geskors om te verseker die ondersoek na die bewerings gaan sonder inmenging voort.
Die Vereniging vir Private Sekuriteitsondernemings van Suid-Afrika het die stap verwelkom.
Die vereniging sê hy wil sien dat álle senior amptenary wat by Eskom-tenderbedrog betrek kan word, aan die pen ry.