Eskom het daarin geslaag om die verkryging van tot eenduisend megawatt van privaatmaatskappye en buurlande wat oortollige opwekkingskapasiteit het, goed te keur deur die standaard-tariefraamwerk vir kragaankope. Die raamwerk is in September 2022 van stapel gestuur as deel van planne om meer megawatt op die netwerk te bring en beurtkrag te help beëindig, berig Netwerk 24. Die raamwerk sal die nutsmaatskappy bemagtig om teen vasgestelde pryse van enige ander nutsmaatskappy of onafhanklike kragprodusent in die Suider-Afrikaanse kragpoel aan te koop. Eskom is vol vertroue dat die program mettertyd nog meer kraginvoer sal bewerkstellig en reeds gedurende die eerste fase beduidende druk van die kragnetwerk sal afhaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×