Eskom se standaard-tariefverhoging van 18-komma-ses-vyf persent het vandag in werking getree. Die verhoging vir verbruikers wat hul krag regstreeks van munisipaliteite verkry, is egter eers van 1 Julie van krag. Dié verhoging sal 18-komma-vier-nege persent beloop. Volgens ‘n Senior energie-navorser van die Wetenskaplike Nywerheids- en Navorsingsraad, Monique Leroux, sal die tariefverhoging ‘n rimpeleffek op verbruikers se stygende lewenskoste hê, terwyl verbruikers óf besighede nie die verhogings kan bekostig nie. Leroux sê die feit dat talle besighede alternatiewe krag tydens onderbrekings inspan, het reeds ‘n styging van nagenoeg 20 persent in kospryse tot gevolg gehad.
