Die Nasionale Energie-reguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het ’n verhoging van 12.7% in elektrisiteitstariewe vir Eskom goedgekeur.
Dit sal na verwagting op 1 April 2025 in werking tree.
Central News berig hierdie besluit, wat Donderdag aangekondig is, sluit ook tariefverhogings van meer as 5% vir 2026 en en meer as 6% vir 2027 in.
Eskom se aanvanklike 36% verhoging is aansienlik hoër as wat deur Nersa goedgekeur is.
Volgens Central News word die huidige inflasiekoers van 3% steeds oorskry.