Die vrystelling wat aan Eskom gegun is oor hoe die maatskappy oor wanbesteding verslag moet doen, is vir eers teruggetrek.

Netwerk24 berig die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die ommekeer Woensdag in die parlement tydens ‘n noodvergadering aangekondig. Godongwana sê hulle gaan nou eers Eskom se eksterne ouditeurs en die ouditeur-generaal raadpleeg oor die saak.

Die opheffing is tydelik.

Eskom is onlangs vrygestel volgens ‘n bepaling van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur om onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende besteding drie-jaar lank uit hul finansiële state te laat.

Dit moet wel in die jaarverslag weergegee word.

Godongwana sê die besluit was nooit om onreëlmatige besteding weg te steek nie.

Hy sê die openbare protes teen die vrystelling wys hoe ernstig die land teen korrupsie is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×