Die voortdurende wanbestuur by Eskom is, volgens die DA, ʼn klap in die gesig van hardwerkende Suid-Afrikaners wat reeds met die stygende lewenskoste worstel. Dít volg ná die bekendmaking van die kragreus se resultate vir die boekjaar tot einde Maart 2024.

Volgens Maroela Media dui die resultate dat Eskom ʼn uiters slegte jaar agter die rug het. Die DA meen belastingbetalers dra die las van dié kragvoorsiener se mislukkings, en benadruk dat dringende hervorming by Eskom nodig is.

DA-woordvoerder oor energie en elektrisiteit, Kevin Mileham, sê ondanks die ontvangs van ʼn verbysterende reddingsboei van R76 miljard van die regering, het Eskom ʼn voorbelaste verlies van R25 miljard getoon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×