Eskom het beurtkrag afgeskaal tot Fase-3 wat tot vanmiddag om vieruur sal geld, wanneer Fase-4-beurtkrag in werking tree. Fase-1-beurtkrag sal môreoggend om vyfuur in werking tree tot vieruur die middag, en daarna weer Fase-4. Die verandering volg nadat Fase-6 die afgelope week toegepas is. Volgens die kragvoorsiener is die laer fases te danke aan verbeterde opwekkingskapasiteit, namate instandhoudingswerk voltooi word en opwekkingseenhede weer aan die kragnetwerk gekoppel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×