Eskom sê hy het verlede week nie een keer nodig gehad om sy eenhede wat met diesel aangedryf word, vir kragopwekking in te span nie.

Dié kragstasies is veronderstel om slegs gebruik te word wanneer die ander nie genoeg krag kan opwek nie.

Luidens ‘n verklaring het die kragverskaffer sedert begin April tot en met die afgelope Vrydag R3,6 miljard aan diesel bestee.  Dit is 77% minder as verlede jaar se R15,7 miljard.

Suid-Afrika is nou reeds meer as 160 dae vry van enige beurtkrag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×