Eskom het aangekondig dat beurtkrag vandag en môre vanaf vyfuur die oggend tot vieruur die middag opgeskort sal word. Dit is as gevolg van die volgehoue verbeterde prestasie van opwekkingsbeskikbaarheid, sowel as die verwagte laer aanvraag oor die naweek. Fase 2-beurtkrag sal egter steeds môre en Sondag vanaf vieruur die middag tot vyfuur die oggend geïmplementeer word.
