Die pas afgelope bibberseisoen is die land se eerste beurtkragvrye winter sedert 2018. Eskom sê Suid-Afrikaners sal in alle waarskynlikheid ook ‘n somer kan geniet wat vry is van enige beurtkrag.

Sy energieherwinningsplan, flukse vordering met instandhoudingswerk en samewerking met toerustingvervaardigers dra by tot die kragverskaffer se huidige beurtkragvrye lopie van meer 164 opeenvolgende dae. Die afgelope week toon ‘n energiebeskikbaarheidsfaktor van gemiddeld meer as 66 persent, met sekere kragstasies wat selfs die 70%-kerf oorskrei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×