Eskom sukkel met suksesvolle vervolging van kontrakteurs wat te veel betaal is

 Eskom sukkel met suksesvolle vervolging van kontrakteurs wat te veel betaal is

Eskom sê hy sukkel om kontrakteurs suksesvol te vervolg wat byna vier-miljard rand te veel betaal is vir dienste gelewer. Byna 80 sake is geoormerk om strafregtelik vervolg te word. Die hoof uitvoerende beampte, André De Ruyter, het aan die Parlement gesê 59 sake is reeds by die polisie aangemeld. Hy het bygevoeg dat Eskom nou pogings verskerp om al die wanbestede fondse terug te kry. Die kragverskaffer sal ook volgende maand begin met insolvensie-prosedures om 500-miljoen rand van die Gupta-gekoppelde adviesfirma, Trillian, te verhaal wat veronderstel was om ‘n omkeer-strategie vir Eskom uit te werk.

Gerdie Karstens