Eskom verloor R2.5 miljard per maand weens kliënte wat onwettige elektrisiteitsverbindings gebruik. Dit is volgens die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa.

Hy het vanoggend ‘n inligtingsessie oor die kragvoorsiener se voorafbetaalde kragmeter herprogrameringsprogram gehou.

Volgens die minister het sowat 1,7 miljoen  voorafbetaalde kliënte nie hul meters teen Sondag se sperdatum herkodeer nie. Die minister sê dit kan meebring dat Eskom jaarliks ​​tot R24 miljard verloor as hierdie kliënte hulself nie by die kragvoorsiener aanmeld nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×