Eskom het beurtkrag van fase 4 na fase 2 verslap.
Volgens The Citizen verminder die kragvoorsiener beurtkrag geleidelik nádat dit Sondagoggend vroeg tot fase 6 opgeskuif is. Rosestad-nuus het Maandag berig dat ’n daaropvolgende verslapping van beurtkrag na fase 4 ingestel is.
Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê dat agt uit tien opwekkingseenhede Mandagaand herstel is, wat meer as 3 800 MW terug op die netwerk plaas, met meer as 1 100 MW wat oornag verwag word.
Eskom-uitvoerende hoof Dan Marokane sê beurtkrag kan teen die naweek opgeskort word.