Eskom sê dit het sedert Januarie 400 transformators wat deur netwerkoorlading beskadig is, vervang. Volgens die kragvoorsiener is meer as 2 000 transformators regoor Suid-Afrika gereeld oorlaai en loop die risiko om te misluk.

Dit sê verskeie netwerkoorlaai-voorvalle is weens elektrisiteitsdiefstal, wat onwettige verbindings, vandalisme, meter-omleidings en peutery insluit, asook die aankoop van elektrisiteit van onwettige verkopers.

Eskom se waarnemende woordvoerder, Aubrey Sambo, sê ‘n transformator wat deur oorlading beskadig word, kan ‘n area vir tot ses maande sonder krag laat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×