Eskom sê hy verwag ‘n beurtkrag-vrye somer nadat hy sy elektrisiteitstoevoer sedert Maart vanjaar gehandhaaf het.

Hy skryf sy sukses toe aan sy generasie operasionele herstelplan, versnelde instandhouding, toewyding van kragstasiebestuurders en hul spanne, en samewerking met oorspronklike toerustingvervaardigers.

Eskom sê sy toppresterende kragstasies, soos Lethabo en Camden, het ‘n energiebeskikbaarheidsfaktor van meer as 70 persent gehandhaaf.

Algehele beskikbare opwekkingskapasiteit is tans op 28-duisend-866 megawatt.

Eskom waarsku inwoners om op te hou met onwettige verbindings om die risiko van onbeplande kragonderbrekings te verminder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×