Eskom vestig nou sy hoop op die Nasionale Tesourie se munisipale skuldverligtingsprogram, om sy uiters swaar skuldlas-juk ligter te maak.
Die land se munisipaliteite het teen einde Maart altesaam meer as R58-miljard aan Eskom geskuld.
Die Maluti-a-Phufong plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat was toe, met R7,2 miljard se skuld, heel boaan skuldlys. Meeste munisipaliteite het reeds vir skuldverligting by die Tesourie aansoek gedoen.
Daar is egter nog geen skuldafskrywings gemaak nie, aangesien munisipaliteite oor die volgende drie jaar, aan sekere vereistes moet voldoen.