Eskom se weeklike statusverslag oor sy vermoë om nasionaal voldoende krag op te wek, lyk na ‘n prentjie donker. Daar is nie ‘n enkele week waar die ergste vlak rooi nie in die vooruitsig gestel word nie. Netwerk24 berig vlak groen beteken daar is genoeg opwekkingsvermoë, vlak geel dui op ‘n tekort van ‘n 1000 MW, vlak oranje ‘n tekort van tussen 1000 en 2000 MW en rooi ‘n tekort van meer as 2000 MW. ’n Energiekenner, Chris Yelland, het gesê die verslag is gegrond op die waarskynlikheid van beurtkrag met beplande instandhoudingswerk wat in ag geneem word. Yelland het gesê dit is so dat Eskom elke week as ‘n rooi week ag, maar dit is nie ‘n uitgemaakte saak nie. Hy het gesê die groot probleem is steeds dat Eskom nie enige reserwekrag-opwekkingsvermoë het nie. Nog ‘n energiekenner, Matthew Cruise, het gesê beurtkragvlakke sal nie vanjaar drasties verbeter nie. Hy het gesê steenkoolkragstasies word steeds ouer, daarom sal die krisis voortduur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×