Eskom voorsien nie beurtkrag vir die week, maar die moontlikheid bly steeds

 Eskom voorsien nie beurtkrag vir die week, maar die moontlikheid bly steeds

Eskom sê hy voorsien nie dat beurtkrag vandeesweek ingestel sal word nie.

Die woordvoerder van Eskom, Dikatso Mothae sê die kragnetwerk is wel steeds onder druk.

Sy het ‘n beroep op die publiek gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

Mothae het gewaarsku dat beurtkrag weer op kort kennisgewing ingestel sal word in geval van onverwagte of ongewone gebeure.