Die blyk Suid-Afrika se donker dae is getel. Minister van Energie en Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het aan die Nasionale Vergadering gesê die land kan vanjaar ‘n aangename somerseisoen beleef met geen beurtkragvoorspelling.
IOL berig Ramokgopa het die onthulling gemaak in ‘n antwoord op ‘n skriftelike vraag van Omphile Maotwe, LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), oor of Eskom se ommekeer werklik beurtkrag beëindig het.
Ramakgopa het gesê sedert die begin van die jaar het Eskom se aanlegbeskikbaarheid verbeter, aangehelp deur ‘n vermindering in onbeplande verliese. Volgens Ramakgopa kan Suid-Afrikaners ‘n beurtkragvrye somer geniet, aangesien verhoogde energiebeskikbaarheid tot ‘n seisoen sonder ontwrigting lei.
Hy het gesê al die aanduidings dui daarop dat die huidige prestasie deur die somer van 2024 volhoubaar was.