Eskom sê hulle is vol vertroue dat daar nie enige beurtkraag die feestyd sal wees nie.

Dit volgens Eskom se topbestuur en direksielede wat die Parlement se Elektrisiteits- en Energiekomitee oor sy prestasie en sy finansies ingelig het.

SABC News berig volgens Eskom se bestuur is dit as gevolg van verhoogte opwekkingsprestasie dat daar die afgelope tyd nie beurtkrag is nie. Die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê die netwerk is stabiel.

Hy voeg by dat daar nie onderbrekings in die krag sal wees nie en dat hulle die regte instandhouding doen om te verseker dat Suid-Afrika ook nie volgende jaar in die winter beurtkrag sal hê nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×