Eskom vorder drupsgewys met die munisipale skuld

Alhoewel munisipale skuld aan Eskom steeds styg, gebeur dit wel stadiger as in vorige jare.

Volgens Netwerk 24 was die terugbetalingskoers van kragrekenings teen einde Maart vanjaar 93,7%, teenoor die vorige boekjaar se 92%.

Ook die toename in agterstallige skuld van munisipaliteite is stadiger.

Teen einde Maart was daar R7,3 miljard meer skuld wat agterstallig is, teenoor die toename van R8,2 miljard in die
vorige boekjaar.

Dit toon ‘n styging van 26% teenoor die vorige boekjaar se 41%.

Die totale agterstallige skuld van munisipaliteite aan Eskom was teen einde Maart R35,34 miljard.

Hierdie inligting kom uit ‘n skriftelike parlementêre antwoord van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, aan Andrew Arnolds, EFF-parlementslid in die Nasionale Raad van Provinsies.

Luister na potgooie hieronder